Dit was 'n skitterende somers dag. Ek was ses jaar oud. My susuter en ek was besig om sand koekies te skep in die agterplaas. Dit was net voor middagete toe ek vir my suster gesê het dat ek vreeslik lus is vir sjokolade.
My suster het dadelik vir my gesê dat ek nie vir my ma moet vra nie, want sy gaan nee sê omdat ons nog nie middagete geëet het nie. Sy was reg!
Ten spyte van die feit dat ek geweet het my ma gaan nee sê, het ek nog steeds vir haar gevra of ek en my suster 'n sjokolade kan deel. Onvermydelik, het sy gesê ons moet wag tot na middagete.
Ek was nie bereid om te wag nie en ek was bepaal om 'n sjokolade te kry. Ek het gewag tot my ma die kombuis verlaat het om die tafel te lê, en toe het ek my geleentheid gekry.
Ek het skelmpies en saggies na die soet-goed kas toe geloop waarin my ma al die koekies, skyfies, lekkers en mees belangrik, die sjokolade gebêre het. Ek het die kas oop gemaak en ek het 'n sjokolade gesteel!
Blits vinnig, het ek weer agterplaas toe gehaardloop en ek het vir my suster die sjokolade gewys. Sy het gesê ek is 'n "genius"
Ons het so lekker die sjokolade verslind. Toe ek besig was om my laaste happie te vat, het my ma agterplaas toe gekom omdat sy vir ons wou sê middagete is reg... Sy het ons soos diewe in die nag gevang.
Jy kan jou indink wat volgenede met ons gebeur het. Ons was verbeid om sjokolade vir 'n hele week nie te eet nie. Ek was verpletter! Sedertdien, is dit die mees hartseerste oomblik van my lewe.
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. bepaal - vasberade
2. tafel te lê - tafel te dek
3. mees belangrik - belangrikste
4. oopgemaak - een woord
5. gehaardloop - gehardloop
6. verbeid - verbied
7. mees hartseerste - hartseerste
Dit is seker 'n onvergeetlike oomblik as jou nou daaraan terugdink
ReplyDelete