Liewe Sjokolade:
Ek het my hele lewe al vir jou gekoester en aangebid, maar ek het nog nooit rêrig vir jou uitgespreek hoekom ek so life is vir jou en hoeveel geluk jy in my lewe bring.
Die liefde wat ek vir jou het in onvoorwaardelik. Ek gee nie om as jy in die vorm van melk sjokolade, donker sjokolade, wit sjokolade of truffels is nie, ek bly nog steeds dol verlief, want dit is jou soet goedheid wat met my siel praat.
As ek jou eet, smoor ek die soet sjokolade smaak en keer dat ek jou sommer heel af sluk. Ek verkies eerder dat ek jou stadig op my tong laat smelt in 'n gladde poel. As ek jou verslind, sit ek terug, maak my oë toe, en geniet hoe jy so sag deur my keel af gly.
Waneer ek hartseer of ongelukkig is, is jy my enigste maaitjie. Jou kameraadskap is vir my soos my ma se stem. Dit laat my altyd beter voel.
Jy is so mooi en onweerstaanbaar soos my kêrel se gloeinde bruin gelaatskleur. As ek jou sien, staan my wêreld still, en vir daai oomblik is dit net ek en jy.
Sjokolade, jy maak die wêreld 'n beter plek, en ek sal vir ewig en altyd vir jou dankbaar wees.
Gits, maar jy is regtig lief vir sjokolade! Nou weet ek wat om te kry vir jou verjaarsdag.
ReplyDelete:-)
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
1. aangebid - geaanbid
2. life - lief
3. bring nie.
4. in onvoorwaardelik - is onvoor...
5. soet goedheid - soettigheid
6. maaitjie - maatjie
7. still - stil