Ek onthou nog die dag to Mevrou Klopper vir my klas verduidelik het hoe om 'n blog te skep. Sy het my baie angstig laat voel. Dit het baie ingewikkeld gelyk en ek was nie seker wat sy van my verwag het nie.
As ek nou terug kyk, is dit baie duidelik dat ek verniet bekommerd was. Ek het gou geleer en voor ek my oë kon uit vee, het ek besef ek hou nogal daarvan om te blog.
Alhoewel ek dit interessant gevind het, was dit nog steeds soos 'n berg wat oor my skouers elke week gehang het. Ek het altyd tot die laaste nippertjie gewag om my blog te laai en ek het altyd gesukkel met wat om te skryf.
Die verhalende blog was vir my die lekkerste om te skryf. Dit het my terug laat dink en dit het baie goeie herinneringe van my kinderjare opgevoed.
Ek is bly dat ek oor sjokolade geblog het. Dit het die inhoud vir my elke week 'n bietjie makliker gemaak om te skryf, want ek kon van my hart praat.
Ek is verlig dat hierdie my laaste blog is. Nou kan ek al my aandag aan my eksamen gee:)
Sjokolade Drome
Tuesday, 1 October 2013
Wednesday, 25 September 2013
Sjokolade... Die perfekte kos!
Hey jy geweet sjokolde is 'n produk van die sade van die kakao plant, so eintlik is sjokolade 'n groente.
Ja, ja! Sal ons almal dit nie wil glo nie. Maar alhoewel sjokolade nie 'n groente is nie, het dit nog steeds gesondheid voordele.
Sjokolade is uit 'n plant geskep wat baie gesondheid voordele bevat, dieselfde soos baie donker groente. Donker sjokolade bevat baie antioksidante en flavoniede wat met lae bloed druk help deur die produksie van stikstofoksiede. Donker sjokolade kan ook cholesterol verminder by tien%
Kakao, die bron van sjokolade bevat ook antibakteriese agente wat help met tandbederf, maar dis belangrik om te weet dat die suiker wat gemeng is met melk sjokolade weerspreek dit.
Sjokolade het ook feniele ethylamine en koolhidrate, 'n ligte bui evalueerder wat serotoniene vlakke in die brein op styg wat gevolg is deur 'n "feel good" sensasie.
Nou weet jy, gesonde kos kom nie net uit die groente paadjie van jou supermark nie, maar jy kan dit ook gebêre vind langs al die lekkers en gummybears:)

Ï
ÏÏ
Wednesday, 18 September 2013
'n dag sonder sjokolade is soos 'n dag sonder sonskyn.
Dit was 'n skitterende somers dag. Ek was ses jaar oud. My susuter en ek was besig om sand koekies te skep in die agterplaas. Dit was net voor middagete toe ek vir my suster gesê het dat ek vreeslik lus is vir sjokolade.
My suster het dadelik vir my gesê dat ek nie vir my ma moet vra nie, want sy gaan nee sê omdat ons nog nie middagete geëet het nie. Sy was reg!
Ten spyte van die feit dat ek geweet het my ma gaan nee sê, het ek nog steeds vir haar gevra of ek en my suster 'n sjokolade kan deel. Onvermydelik, het sy gesê ons moet wag tot na middagete.
Ek was nie bereid om te wag nie en ek was bepaal om 'n sjokolade te kry. Ek het gewag tot my ma die kombuis verlaat het om die tafel te lê, en toe het ek my geleentheid gekry.
Ek het skelmpies en saggies na die soet-goed kas toe geloop waarin my ma al die koekies, skyfies, lekkers en mees belangrik, die sjokolade gebêre het. Ek het die kas oop gemaak en ek het 'n sjokolade gesteel!
Blits vinnig, het ek weer agterplaas toe gehaardloop en ek het vir my suster die sjokolade gewys. Sy het gesê ek is 'n "genius"
Ons het so lekker die sjokolade verslind. Toe ek besig was om my laaste happie te vat, het my ma agterplaas toe gekom omdat sy vir ons wou sê middagete is reg... Sy het ons soos diewe in die nag gevang.
Jy kan jou indink wat volgenede met ons gebeur het. Ons was verbeid om sjokolade vir 'n hele week nie te eet nie. Ek was verpletter! Sedertdien, is dit die mees hartseerste oomblik van my lewe.

Wednesday, 4 September 2013
Al wat ek rêrig nodig het... is sjokolade
Liewe Sjokolade:
Ek het my hele lewe al vir jou gekoester en aangebid, maar ek het nog nooit rêrig vir jou uitgespreek hoekom ek so life is vir jou en hoeveel geluk jy in my lewe bring.
Die liefde wat ek vir jou het in onvoorwaardelik. Ek gee nie om as jy in die vorm van melk sjokolade, donker sjokolade, wit sjokolade of truffels is nie, ek bly nog steeds dol verlief, want dit is jou soet goedheid wat met my siel praat.
As ek jou eet, smoor ek die soet sjokolade smaak en keer dat ek jou sommer heel af sluk. Ek verkies eerder dat ek jou stadig op my tong laat smelt in 'n gladde poel. As ek jou verslind, sit ek terug, maak my oë toe, en geniet hoe jy so sag deur my keel af gly.
Waneer ek hartseer of ongelukkig is, is jy my enigste maaitjie. Jou kameraadskap is vir my soos my ma se stem. Dit laat my altyd beter voel.
Jy is so mooi en onweerstaanbaar soos my kêrel se gloeinde bruin gelaatskleur. As ek jou sien, staan my wêreld still, en vir daai oomblik is dit net ek en jy.
Sjokolade, jy maak die wêreld 'n beter plek, en ek sal vir ewig en altyd vir jou dankbaar wees.

Wednesday, 28 August 2013
Die pad na my hart
Kos mag die pad na 'n man se hart wees, maar sjokolade is beslis die pad na 'n vrou se hartMy liefdes verhaal met sjokolade het begin toe ek nog 'n dogtertjie was. Ek onthou hoe my ma elke Saterdag na haar inkopies huis toe gekom het en vir my en my suster Cadbury sjokolade gekoop. Ons was baie opgewonde en het onmiddelik agterplaas toe gehardloop om dit te eet. Ons het op die gras gesit en my suster het die sjokolade in gelyke stukke verdeel. Ons het dit altyd met soveel geduld geëet omdat ons vou hê die oomblik moet so lank as moontlik hou.
Tot dan, het my liefde vir sjokolade gewildig gegroei.
Dit is nie net die soet, glad en heerlike smaak nie, maar vir my verteenwoordig sjokolade alles wat goed is, soos warmte,liefde, vriendskap, passie, sensualiteit en nog meer.
sjokolade is my metgesel en as ek dink an 'n lewe sonder sjokolade, is dit vir my 'n tragedie en 'n skande.
Subscribe to:
Posts (Atom)