Ek onthou nog die dag to Mevrou Klopper vir my klas verduidelik het hoe om 'n blog te skep. Sy het my baie angstig laat voel. Dit het baie ingewikkeld gelyk en ek was nie seker wat sy van my verwag het nie.
As ek nou terug kyk, is dit baie duidelik dat ek verniet bekommerd was. Ek het gou geleer en voor ek my oë kon uit vee, het ek besef ek hou nogal daarvan om te blog.
Alhoewel ek dit interessant gevind het, was dit nog steeds soos 'n berg wat oor my skouers elke week gehang het. Ek het altyd tot die laaste nippertjie gewag om my blog te laai en ek het altyd gesukkel met wat om te skryf.
Die verhalende blog was vir my die lekkerste om te skryf. Dit het my terug laat dink en dit het baie goeie herinneringe van my kinderjare opgevoed.
Ek is bly dat ek oor sjokolade geblog het. Dit het die inhoud vir my elke week 'n bietjie makliker gemaak om te skryf, want ek kon van my hart praat.
Ek is verlig dat hierdie my laaste blog is. Nou kan ek al my aandag aan my eksamen gee:)