Wednesday, 28 August 2013

Die pad na my hart

Kos mag die pad na 'n man se hart wees, maar sjokolade is beslis die pad na 'n vrou se hart

My liefdes verhaal met sjokolade het begin toe ek nog 'n dogtertjie was. Ek onthou hoe my ma elke Saterdag na haar inkopies huis toe gekom het en vir my en my suster Cadbury sjokolade gekoop. Ons was baie opgewonde en het onmiddelik agterplaas toe gehardloop om dit te eet. Ons het op die gras gesit en my suster het die sjokolade in gelyke stukke verdeel. Ons het dit altyd met soveel geduld geëet omdat ons vou hê die oomblik moet so lank as moontlik hou. 

Tot dan, het my liefde vir sjokolade gewildig gegroei.

Dit is nie net die soet, glad en heerlike smaak nie, maar vir my verteenwoordig sjokolade alles wat goed is, soos warmte,liefde, vriendskap, passie, sensualiteit en nog meer. 

sjokolade is my metgesel en as ek dink an 'n lewe sonder sjokolade, is dit vir my 'n tragedie en 'n skande.